Waar Valtra werk, oes jy sukses

Ses vlytige Valtras sleep, ploeg, plant, oes en hys dat die stof staan by N&M Boerdery. Dit is hoe meganisasie bydra tot Nico en Mariana Hendriks se boerdery naby Ellisras – en dit het alles begin met ՚n rooi T191 en NAMPO-oesdag. Teen die oewer van die Mokolorivier, naby die Botswana-grens, boer Nico en Mariana met aartappels, uie en beeste. Saam met hulle boer hulle seun, Nico, wat tans landbou studeer, en skoonseun, Tiaan Gerber. Nico-hulle boer al hier vanaf 1996 met beeste, maar toe hulle die plaas in die jaar 2000 gekoop het, het Nico begin tabak plant. Later het die boerdery oorgeskakel na groente.

“Met tyd het ons begin fokus op net aartappels en uie om meer doeltreffend te boer met die bron van onshoofinkomste,” vertel Nico. “Ons plant100 ha aartappels en 36 ha uie, maarook dekgewasse vir die beeste.”

Hulle verpakkingsaanleg loop voltyds gedurende oesseisoen wanneer eers die uie en dan aartappels geoes word. ՚n Gemiddeld van 18 000 10-kilogramsakkies aartappels word per dag gepak. Daarom moet ՚n hardwerkendetrekker kan byhou om die oes vanaf dieland na die aanleg aan te ry.

Ruan van Wyk, werktuigkundige van Valtrac, die Hendriks-gesin, Nico (Jnr), Mariana en Nico, Tiaan Gerber, skoonseun, en Alfred Purchase, Valtrac-verteenwoordiger, in N&M Boerdery se pakhuis.

Valtra bied waarde vir geld

In 2014 het dit vir die egpaar duidelik geraak dat hulle ՚n behoefte aan nog՚n trekker op die plaas gehad het. Self kon hulle nie by NAMPO ՚n draai gaan maak om na die verskeie modelle van die verskillende verskaffers te kyk nie. Een van hulle dogters was reeds op pad na Bothaville, daarom het Nicohaar sommer gevra om na trekkers tegaan kyk.

“My dogter het gebel en gevra of ek nie na Valtra-trekkers wil kyk nie. Ek het dadelik gesê nee, want hulle is te duur, maar sy het volgehou dat sy reeds ՚n demonstrasie met Alfred Purchase, die Valtrac-verkoopsverteenwoordiger vir ons distrik, gereël het.”

So het dit gebeur dat die flinke Valtrac-span die week na NAMPO ՚n Valtra plaas toe gebring het om sy staal tewys. Die demonstrasie het Nico en Mariana alles gewys wat hulle graag in՚n trekker wou sien en hulle het besluit om die T191 te koop.

“Ek het vertroue gehad in die Finseproduk en dit het bygedra tot die besluit om ՚n Valtra-trekker te kry,” brei hy uit. “Ek het verstaan waar dit vandaan kom, want ek het self begin boer met twee ou Volvo-trekkers.

՚n Span Valtras wat skrik vir niks!

“Daar is op die oomblik ses Valtras op die plaas en daar is nie ՚n ding wat hulle nie doen nie,” getuig Tiaan.

Die Valtras word gebruik vir grondvoorbereiding en om die groot aartappeluithaler en kantelwaens te trek. Die ou trekkers wat al oor die jare op die plaas versamel is, doen enige van die ander los werkies wat opduik.

“Die eerste Valtra wat gekom het was die T191. Daarna is daar twee N123’s aangeskaf, en ՚n T193 met ՚n voorste driepuntkoppeling, wat kort daarna deur nog ՚n T193 gevolg is,” sê Tiaan.

Die mees onlangse toevoeging is ՚nbul uit die N155-reeks.

Die T191-trekker wat dit alles begin het is ՚n 139-kW model wat reeds meer as 9 000 uur geklok het. Albei die N123-trekkers is 99 kW, maar die een het permanent ՚n laaigraaf gemonteer om met die verskuiwing van sakke en bale te help. Die T193-model is ՚n 139-kW trekker wat die swaar 5-ton sleepwaens moeiteloos sleep. N&M Hendriks Boerdery se nuutste toevoeging, die N155, is ՚n Active-model wat 111 kW lewer. Dit spog ook met ՚n 160-liter hidrouliese stelsel.

“Die N155 is spesifiek gekies om die Grimme GT170-aartappeluithaler te sleep te danke aan sy hidrouliese vermoë,” sê Nico. “Die ander trekkers is gekies om die swaar waens te trek, asook grondvoorbereiding in die lande te doen.”

Tiaan vertel dat die boerdery ook verskeie ander werktuie deur Valtrac bekom het.

“Ander toerusting op die plaas wat ons ook deur Valtrac aangeskaf het, is die 3-meter Pöttinger-hoëspoeddis wat saam met ՚n APV gebruik word om ons dekgewasse te saai, ՚n Kuhn-baler, die Ranger 3000-gifspuit, die Pöttinger-kombinasiesnyers (՚n Alpha Motion van 3,5 meter voor en ՚n Nova Disc-snyer van 3,5 meter wat teen gemiddeld 8 km/u die land kafdraf) asook die Pöttinger-kneuser en -hark wat help om die dik cow candy te kneus, uit te droog en dan later te hark voordat dit gebaal word.”

Nico meen die wye verskeidenheid gehalte produkte wat Valtrac verskaf, maak dit gerieflik vir die boer.

Naverkopediens soos geen ander

Wat in besonder saak maak vir N&M Hendriks Boerdery is naverkopediens. Dit is ook deel van die rede waarom soveel van hulle werktuie en trekkers deur Valtrac verskaf word.

“Ek kan getuig van hulle uitstekende diens deur ՚n storie te vertel,” noem Tiaan. “Toe ons die eerste T193 ontvang het, het ek opgemerk dat daar ՚n klein krakie op die waaierband was. Ek het hulle vieruur die middag geskakel en daarvan in kennis gestel. Ek was heeltemal uit die veld geslaan toe ՚n werktuigkundige al die pad van Parys af die volgende oggend hier stop om die onderdeel te vervang.

“Die trekker was onder waarborg, so dit het ons nie ՚n sent gekos nie. Hierdie soort toewyding spreek net van uitstekende kliëntediens!”

Nico beaam dat hoewel die naaste Valtrac-tak in Parys is, die getroue span nooit gras onder hulle voete laat groei nie. “Dit is die beste diens wat ek nog ooit van ՚n handelaar gekry het,” sê hy. “Ruan van Wyk, een van Valtracse handige werktuigkundiges, help graag indien enige deel van die trekker onklaar sou raak en daar is dikwels iemand van hulle in die omgewing.”

As een van die onderdele self vervang kan word, stuur Mariana ՚n WhatsApp-foto aan die Valtrac-kantoorin Parys en die onderdeel word die volgende dag per koerier gestuur. Onderdele is altyd beskikbaar.

“Daar was nog nooit ՚n geval waar Ruan gesê het dat iets nie beskikbaaris nie – van ՚n klein sensor op ՚n ratkastot groter dele,” vertel Tiaan. “Selfsdie enkele kere wat daar ernstige probleme was het die eienaar van Valtrac, oom Wynn Dedwith, self hierheen gekom om ՚n oplossing te help vind.”

“Wanneer die sagteware van die Kuhn-baler my begin ore aansit, dan is die span net ՚n oproep ver,” glimlag hy.

Nico vertel dat hy met vrymoedigheid Valtra sal aanbeveel aan ander boere. “Die trekkers se werksverrigting is na my mening bogemiddeld, die brandstof doeltreffendheid is ook bogemiddeld en die naverkopediens is uitsonderlik,” sluit hy af.

Vir meer inligting oor Valtra se trekkers, wye werktuigreeks en legendariese dienslewering, kontak Attie de Villiers by (+27)83-261-9863 of (+27)56-817-7308. Stuur gerus ook ՚n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za