
Suid-Afrikaanse boere staan op die drempel van ’n nuwe era in trekkermasjinerie. Die wêreldbekende Valtra Q-reeks het amptelik voet aan wal gesit, en die trekker is ontwerp om werkverrigting vir boere regoor die land te verander. Hierdie trekker kombineer Finse ingenieursvernuf, slim tegnologie en krag wat selfs die moeilikste werk in die veld maklik maak.
Van presisietegnologie tot kragtige hidrouliese stelsels en maksimum gemak vir die bestuurder, die Q-reeks is ontwerp om Suid-Afrikaanse boere slimmer, vinniger en meer doeltreffend te laat werk met minder insette en meer in die boer se sak. Dit is ՚n veelsydige trekker en die perfekte pasmaat vir enige tipe werk, van eenvoudige boerderytake, tot vervoer en swaardiens veld- of vlootwerk.
Met bewese Finse ingenieursvernuf en sy wêreldbekroonde ontwerp, is dit duidelik waarom die Q-reeks reeds die Red Dot-toekenning vir sy produkontwerp en die Farm Machine 2023 Jury-toekenning ontvang het.
Die intuïtiewe raakskerm en ergonomiese joystick plaas volle beheer binne maklike bereik en maak presisieboerdery eenvoudig.
Gevorderde tegnologie, uitsonderlike werksverrigting
Die nuwe Valtra Q-reeks trekker het ’n indrukwekkende kraglewering van 224 kW (305 perdekrag) en kombineer krag met slim tegnologie wat jou boerdery se take makliker maak.
Hierdie trekker ‘dink’ soos ’n kundige en is so sterk soos ’n bees. Die trekker is ook toegerus met n Vario-ratkas wat bekend is vir sy effektiwiteit en betroubaarheid.
Die trekker is ten volle geïntegreer met al die tegnologie waarvan ’n boer kan droom! Dit sluit in: Valtra Guide, seksiebeheer met Multiboom, veranderlike koersbeheer, Valtra U-Pilot-bestuursfunksie, SmartTurn- en ISOBUS-funksies waar alles eenvoudig beheer en bestuur word deur die bekroonde SmartTouch-paneel wat makliker is om te gebruik as jou slimfoon.
Gevorderde afstandbeheer en bestuursinstrumente soos Valtra Connect en TaskDoc Pro maak die bestuur van jou vloot en taakbeplanning vinnig en effektief. Met die 200+ liter hidrouliese pomp en ’n 75 liter- afsonderlike olietenk, kan die Q-reeks moeiteloos enige taak op die plaas verrig en met enige werktuig werk, van swaar grondbewerkings- tot presisietoerusting.
Die ruim kajuit van die Valtra Q-reeks bied volop spasie, uitstekende sig en maksimum gerief vir lang dae in die veld.
Lae totale koste van eienaarskap: Bespaar brandstof en bespaar insette
Die Valtra Q-reeks is ontwerp om brandstof te bespaar sonder om in te boet op krag en prestasie, en bied boere ‘n brandstofbesparing van tot 10%. Die trekker is kompak maar kragtig, met ’n optimale gewigsverspreiding van 41% voor en 59% agter, wat stabiliteit en doeltreffendheid verseker – selfs met die sleep van swaarder werktuie en toerusting.
Vanweë die geoptimaliseerde aandryfstelsel en gevorderde ratbeheer van die Q-reeks deur die SmartTouch-funksie, werk die trekker altyd met laer kragtoere, wat insette en brandstof verder bespaar. Die kort draai-sirkel maak dit maklik om vinnig en effektief op die wenakker te draai, wat op lang termyn baie tyd bespaar.

Betroubare enjin en traplose aandrywing
Die Q-reeks is toegerus met die beproefde en bewese AGCO-sessilinderenjin. Met ՚n enjininhoudsmaat van 7,4 liter gee dit jou die krag en betroubaarheid wat jy op die plaas nodig het. Die EcoPower sorg dat daar altyd ekstra kraglewering beskikbaar is, met ’n wringkrag van 1 280 Nm. Die Vario-ratkas bied ՚n traplose aandrywing met deurlopende veranderlike spoedaanpassing wat enjinwerkverrigting optimaliseer.
Die CVT, of traplose aandrywing, sorg vir ’n seepglad oorgang, wat dit perfek maak vir swaar werk en moeilike veldtoestande. Dit is ՚n kompakte, hoëkilowatt-trekker ontwerp vir maksimum werkverrigting en vrag terwyl die enjin en kragoordragstelsel in perfekte harmonie werk vir hoë algehele doeltreffendheid.
Operateursgemak waarvan enige trekkerbestuurder droom
Die Valtra Q-reeks is ontwerp met die bestuurder in gedagte en maak lang dae op die plaas en binne die trekker gemaklik en doeltreffend. Luukse sitplekke wat persoonlike aanpassings moontlik maak, waaronder sitplekverwarming vir kouer dae en uitsonderlike lugverkoelling wat werk selfs op die warmste dae. Die bestuurder het altyd ’n duidelike, onbelemmerde sig waar ook al hy ry, en die Skyview-kajuit bied ekstra uitsig vir optimale veiligheid.
Die Q-reeks is ook toegerus met TwinTrac-trustuur. Die SmartTouch-paneel met sy 9 duim-skerm (23 cm) en multifunksionele joystick maak die gebruik van al die geïntegreerde tegnologie maklik, eenvoudig en aangenaam. Die groot A-pilaar-konsole is op ooghoogte en binne maklike bereik om die veiligheid en gerief van die bestuurder te verbeter.

Werk langer, selfs in die donker
Die LED-ligte waarmee die trekker toegerus is, maak selfs werk in die donker moeiteloos. Werkligte is slim geplaas rondom die trekker vir 360°-sigbaarheid, insluitend spesiale ligte aan die agterkant om werktuie maklik aan en af te haak in die donker.
Superieure vering (suspensie)
Die splinternuwe Q-reeks is met die behoeftes van die bestuurder ontwerp met ’n lugverende kajuit en luukse sitplekke om maksimum gemak en ergonomie die hele dag lank te bied. Die Aires se pneumatiese voorasvering bied ’n gladde rit en absorbeer die skokke van ongelyke paaie en velde, en bestuur hoë vastrap met geveerde ossillasie van sowat 9 grade en vering van ongeveer 50 mm. Vanweë Aires se vering, voel dit asof jy ‘op lug ry’.
Boere wat hul boerdery na die volgende vlak wil neem, kan vandag nog die nuwe Valtra Q-reeks deur Valtrac ervaar. Kontak hulle vir ’n demonstrasie of navrae by 056 817 7338 of 083 261 9863. Stuur ’n e-pos na sales@valtrac.co.za
