Valtrac se veelsydige viersilindertrekker wys sy staaL

Valtrac weet: net omdat ՚n viersilinder trekker kleiner klink as sy sessilinder-boeties, beteken dit nie dat hy enigsins terugstaan vir groot take nie. Nee, Valtra se N175 hou kers vas by enige sessilinder en speel selfs vinniger klaar met swaar laai- of kragaftakkerwerk.

Die Valtra N175 is vandag die sterkste viersilinder-trekker wat in Suid-Afrika beskikbaar is. “Mense het altyd ՚n storie oor sessilinder-trekkers,” erken Wynn Dedwith, uitvoerende hoof van Valtrac. “In die ou dae het sommige boere geglo dat ՚n sessilindertrekker langer hou as ՚n viersilinder.

“Die feit van die saak is dat daar geen rede is dat ՚n vier- of sessilindertrekker nie ewe sterk kan wees of ewe lank kan hou nie; veral nie ՚n Valtra nie.”

Aan die begin van 2023 was dit duidelik dat ‘n Valtra-viersilinder nie terug-staan vir enige taak nie. Die N135 A wat ook ‘n viersilinder-trekker is het tydens die jaarlikse balerwedstryd van King Price en FarmSpace die wen vastekamerbaler gesleep.

Valtra se enjin maak die verskil

Valtra-trekkers spog met die bekende AGCO Power-enjins wat natuurlik die ou Sisu-enjin van Valtra se eie enjin-fabriek in Finland was. AGCO het dit saam met die Valtra-handelsnaam bekom.

Een van die redes vir Valtra-trekkers se besonder lang enjinlewe is die verkoelingstelsel. “Al die enjins van Valtra-trekkers se verkoelingstelsels is in twee gedeel. Een gedeelte bedien die boonste deel van die enjin waar die ontbranding plaasvind en wat dus meer verkoeling benodig. Die ander deel sorg dat die onderste gedeeltes van die enjin lekker koelkop werk. Die beter verkoeling en watervloei om die enjins verseker dat die enjins langer hou in vergelyking met konvensionele enjins.” Hierdie vernuftige ontwerp sorg al sedert 1980 dat boere daarop kan reken dat hulle Valtra-trekkers hulle jare en jare en jare se troue diens gee.

Dié beginsel van trekkers wat basies dieselfde in elke trekker is verseker die boer van deurlopende gehalte. In die A124 en A134 is die enjins egter presies dieselfde, net verskillende baadjies en bykomstighede.

Met ՚n viersilinder-trekker het jy 33% minder wrywing in die enjin teenoor ՚n sessilinder. Met elke persent minder wrywing verminder jou brandstofverbruik.

՚n Verdere kenmerk wat die N175 laat uitstaan is die ratkas. “Selfs die ratkas is presies dieselfde is as die sessilindertrekker s’n. So, daar is geen rede dat hierdie trekker minderwaardig teenoor ՚n ander staan nie,” verklaar Wynn.

Hierdie trekkers is ideaal vir die SuidAfrikaanse boer, want Valtra het homself oor die laaste 26 jaar sedert hulle in Suid-Afrika beskikbaar is deur en deur bewys. “Die diensondersteuning en onderdelebeskikbaarheid is in plek,” sê Wynn. Boere beskryf al Valtrac se diens as legendaries.

“Valtra-trekkers is lig op brandstof en lewer hoë werkverrigting. Dit is ՚n veelsydige, betroubare, ekonomiese trekker wat op enige plaas sy plek vind.

Nog ՚n pluspunt is Valtra Connect wat die boer in staat stel om op sy selfoon of Valtrac se veelsydige viersilindertrekker wys sy staal ՚n rekenaar te kyk dat die trekker werk, wat die werksverrigting is en wat die temperatuur is. Jy kan die trekker heeltemal beheer en dit kan ook so opgestel word sodat jy ՚n kennisgewing ontvang wanneer enigiets verkeerd loop. Selfs die dienste kan outomaties bespreek word.

Meer waarde vir geld met die 5 000-uur waarborg van Valtra

Die 5 000-uur enjinwaarborg is ՚n nuwe aanbieding van Valtrac om die boer nog meer gemoedsrus te gee. “Ons weet in die stadium nie van nog so iets in SA nie,” sê Wynn. “Maar ons weet dat daar reeds baie Valtra-trekkers is wat hard werk en sonder sukkel meer as 5 000 uur loop.”

Met hierdie waarborg kan die boer verseker wees van die gehalte produk wat hy koop en dat dit vir minstens 5 000 uur sorgelose diens sal lewer sonder enjinprobleme.

Hierdie waarborg geld wel net vir die enjin en dit sluit nie die elektriese stelsel in nie, maar dit is ՚n totale enjinwaarborg wat vir alle Valtra-trekkers beskikbaar is, nie net die N-reeks nie.

Hierdie welkome aanbieding sal tydens NAMPO Oesdag 2023 bekendgestel word en sal vanaf Mei geld op enige nuwe Valtra-aankope.

Besoek Valtrac by standplaas E34-35 by NAMPO-park om die N-reeks-trekkers van nader te beskou. Vind gerus ook meer uit op hulle webtuiste by www.valtrac.co.za.