Elke plaas kort ՚n baas; iemand wat kan touwys maak en leiding gee. Maar wat is die boer sonder sy bobaas-, staatmakertrekker? Dit is waar die Valtra S6 én die Valtra Q-reeks handig te pas kom!
Die Valtra S6 is nie sommer enige trekker nie
Hierdie sesdegeslag-trekker is die toppunt van Valtra se krag, presisie en ՚n tikkie styl.
Die koppelaarkoning
Die 8,4 liter-enjin is gegrond op dié van AGCO Power. Met 420 perdekrag en tot 1 750 Nm wringkrag, is hierdie bul geskik vir die grootste, skynbaar onmoontlike take. Dit is Valtrac se kragtigste trekker tot dusver en wanneer dit by swaar en harde werk kom, stuit hy vir niks!
Uit en tuis, by die huis (of is dit nou die kajuit?)
Met die talle ure wat ՚n boer in sy trekker se kajuit deurbring, behoort dit behoorlik soos huis te voel. Daarom is gemak ook nie iets waaroor Valtra eers meer debatteer nie. Met Valtra se AutoComfort-vering, gly die trekker glad oor die rowwe landerye. Vir ՚n beter uitsig bied die SkyView-kajuitopsie die perfekte panoramiese uitsig.
Die bielie agter die boer
Naas sy hond, is ՚n trekker ՚n boer se beste vriend! En net soos elke boer dink sý hond is die soetste, oulikste en mooiste, behoort elke boer te voel sy trekker is nommer een. Daarom bied Valtra se Unlimited Studio vir boere die geleentheid om die S6 aan te pas volgens hulle behoeftes en voorkeure. Voeg veiligheidskameras, spesiale verf, ekstra ligte en ՚n outomatiese banddrukstelsel by. As dit wettig en fisies moontlik is, kan die Unlimited Studio dit doen!
Doeltreffendheid is die naam van die spel
Die S6-trekker se ontwerp help jou om brandstof te bespaar sonder om te kroek. Danksy ՚n slim dieselpartikelfilter (DPF) en selektiewe katalitiese reduksiestelsel (SCR) gebruik die trekker minder diesel en gee die boer die lekker warm wete dat hy nie die lug met waterstofoksied besoedel nie.
Die vernuftige Valtra se agterste hyser tel 12 000 kg op en sy voorste hyser 5 800 kg. Hierdie trekker is gemaak vir swaar hyserwerk. Met ՚n hidrouliese vloeitempo van tot 400 liter per minuut, hanteer die trekker groot werktuie maklik, en sy knap draaisirkel van 8,2 meter maak hierdie reus so ligvoets soos ՚n ribbok. Maar dit is nie al nie: ՚n verdere lig in die boer se lewe is die Valtra S6 se LUD-ligte waarvan daar genoeg rondom is om nag soos dag te laat lyk.
En dan is daar die nuwe Valtra Q-reeks – die slimmer tussenklas-reus!
As jy jou boerdery se produktiwiteit na ՚n volgende vlak wil neem, maar nie noodwendig die volle omvang van die S6 benodig nie, dan is die Q-reeks jou goue middeweg.
Die perfekte balans
Die Valtra Q-reeks vul die gaping tussen die T- en S-reeks en is beskikbaar in modelle vanaf 230 tot 305 perdekrag. Sy enjin is net so robuus soos sy voorkoms, met presiese kraglewering danksy ՚n AGCO Power 7,4-liter-enjin en die bekroonde SmartTouch-beheerinterface, wat reeds boere wêreldwyd beïndruk het.
Krag, slim tegnologie en gemak
Die Q-reeks is ontwerp met hoë werkverrigting én gemak in gedagte. Met presisieboerdery-integrasie, ՚n volledig gesuspendeerde kajuit, en intelligente tegnologie soos auto-guidance, ISOBUS en telemetika, gee hierdie trekker die boer alles wat nodig is om groter, vinniger en slimmer te werk.
Die stevige raam, indrukwekkende hidrouliese kapasiteit van tot 200 liter per minuut en doeltreffende brandstofverbruik maak die Q-reeks ՚n ware werkesel – sonder om jou beursie aan brandstof en onderhoud leeg te tap.
Styl wat werk
Net soos sy groter boetie, die S6, kan die Q-reeks ook pasgemaak word deur Valtra se Unlimited Studio – van kajuituitrusting tot eksterne funksies.
Watter een is reg vir jou plaas?
Of jy nou op soek is na ՚n absolute reus soos die S6, of ՚n veelsydige prestasie-trekker in die vorm van die Q-reeks, Valtrac bring nou albei na Suid-Afrika – gereed om plaaswerk te verander soos ons dit ken.

