Valtrac is ’n trotse verskaffer van Pöttinger produkte.

Valtrac is alombekend vir hul groot verskeidenheid trekkerreekse wat iets vir elke boer bevat, maar saam met die reekse voorsien hulle ook implemente van Pöttinger, TATU, Jeantil en meer. Hierdie reekse sluit onder meer duursame diste asook hooimaak- en droëboontoerusting in.

By die pas afgelope NAMPO Bothaville het Valtrac hul reeks Pöttinger- en TATU-produkte uitgestal om vir boere te wys dat hulle nie net trekkers voorsien nie, maar alles wat jou boerdery nodig het om te floreer.

Valtrac IntroSeeder

Die nuwe Valtrac IntroSeeder-planter.

Een van die nuwe toevoegings tot hul implementereeks is die IntroSeeder-geenbewerkingplanter wat ontwerp is om die saad direk in die grond te plaas sonder voorafbewerking. Die planter self kom uit die Pöttinger-stal, maar die saai-infrastruktuur maak gebruik van die bekende APV-saadkbakke wat lugdruk gebruik om presiese saadplasing te verseker.

“Dit is ’n baie veelsydige masjien en ons kan hom aanpas vir verskillende rywydtes. Jy kan drie karretjies tussen elke ry sit of ons kan twee doen. Ons kan die rame breër maak vir wyer rye, of nader aanmekaar bring,” sê Devin Dedwith van Valtrac.

Met die APV-saadkas op die planter kan boere ’n mengsel van sade op een slag plant. Hierdie tegnologie spaar boere nie net tyd nie, maar ook brandstof.

“Dit is ’n lekker masjien wat heeljaar op jou plaas behoort te kan werk,” sê Devin.

Die APV-saadkarretjies kom in verskeie groottes, van ’n 40 liter tot ’n 1 600 liter-saadkas. Die saad kan ook versprei word deur middel van ’n skyfverspreidingsisteem of ’n pypsisteem. Die kleinste pypsisteem het ses pype en die grootste een 32 pype.

Bewaringslandbou saam met Valtrac

Nog ’n nuwe toevoeging is die Pöttinger Rotocare wat roterende wiele het en die Tinecare wat met veertande werk. Hierdie is twee werktuie wat ontwerp is vir boere wat bewaringslandbou en presisie-grondbewerking wil toepas.

Devin vertel dat hierdie implemente vir onkruidbeheer gebruik kan word sonder om chemie te betrek.

“Van die boere sal hierdie ken as die ou rol-egtipe-implemente, hierdie is basies ’n verbeterde sisteem. Elke arm word individueel gemonteer en die groot trekpunt op hierdie implemente is dat dit nie saak maak waar die tande gemonteer is nie, die implement oefen dieselfde gronddruk uit regoor die implement,” sê hy.

Hierdie implemente is vir boere wat wil wegbeweeg van chemie en meer organies wil boer om koste te bespaar op chemie.

Die nuwe Rotocare-implement wat gebruik kan word om onkruid sonder chemie te verwyder.

Dit is ’n plesier met Pöttinger

Een van Valtrac se Pöttinger-snymasjiene.

Dan bied Valtrac ook Pöttinger-hoëspoeddiste wat in groottes van 12 meter beskikbaar is. Die diste kom ook met verskeie opsies op die rollers, soos die Packer-roller wat die grond liggies vasdruk om goeie saad-tot-grond-kontak te verseker, of die Econo-roller wat ’n ligter en meer ekonomiese weergawe is. Die Econo-roller werk met bladvere en keer dat die roller nie aanpak in klammerige grond nie.

Dan het Valtrac ook enkel- en dubbel- Cage-rollers beskikbaar wat agterrollers is en die grond ná bewerking verdig en kluite opbreek.

“Pöttinger is baie bekend vir die lang lewensduur van hulle implemente, veral met die dubbelarmsisteem wat op die hoëspoeddiste is; die sisteem verseker dat jou rubber ’n leeftyd hou,” sê Devin.

Pöttinger se hooitoerusting

Pöttinger is ook bekend vir hul hoëgehalte-hooitoerusting wat alles van snymasjiene en kragharke tot hooihappers (tedders) insluit. Hul snymasjiene wissel in groottes van 2,2 m tot 11,2 m, terwyl hul kragharke in groottes van 3,5 m tot 14 m beskikbaar is. Hul hooihappers is ook beskikbaar in groottes van 5,4 m tot 14 m.

Grondbewerking saam met Valtrac

Wanneer dit by die bewerking van jou lande kom, bied Valtrac ook TATU se vierskaar- tot tienskaar-omslagploeg. Hulle kan ook diste in groottes van 24 duim (61 cm) tot 42 duim (107 cm) voorsien.

Die Tatu-implement kom met verskeie rollers.

Wat ookal jy benodig

Dit maak nie saak watter trekker of implement jy op jou plaas benodig nie, Valtrac se span het die kennis en ervaring om jou te help om die regte produkte vir jou behoeftes te kry.

Besoek hul webtuiste by www.valtrac.co.za om met hulle in kontak te kom.