Articles

Valtrac se swaardiens-strydrosse knaag ‘n woud weg

Amper reg is nie goed genoeg om die meganisasiebehoeftes van vandag se boer te bevredig nie. Boerdery raak al hoe meer uitdagend en gespesialiseerd, en daarom moet die boer tegnologie hê wat presies opgewasse is vir die taak wat dit moet verrig. Valtra-trekkers bied daardie nommerpas tegnologie.

Jy bestel jou Valtra-trekker presies volgens jou spesifikasies en die fabriek maak hom so – ‘n trekker spesiaal vir jou vervaardig, met die hidrouliese vermoë, remstelsel, wiele… alles presies soos jy verkies, tot selfs die kleur van jou keuse en jou boerdery se naam op die kajuit geskilder as jy dit wil hê..

Amper reg is nie goed genoeg om die meganisasiebehoeftes van vandag se boer te bevredig nie. Boerdery raak al hoe meer uitdagend en gespesialiseerd, 

Marcus Varoli is een van die boere wat ‘n spesiale trekker vir ‘n spesiale taak nodig gehad het – en Valtra is die trekker wat pasgemaak word om sy behoefte presies pas.

Dit is een ding om met jou trekker deur mielielande en boorde te beur, maar om ‘n gewese bosbouterrein in ’n vrugbare land te omskep, het jy iets besonders nodig. Dit is veral bloekomboomstompe wat ’n reuse uitdaging bied, want die hout is kliphard en moet eerstens uitgeboor of weggeknaag word en dan verorber, fyngekerf en uitgespoeg word.

Dit is presies wat Marcus Varoli doen. Hy het ’n paar hektaar vol bloekomstompe uit ’n vorige bosbougebied op sy pragtige plaas buite Plettenbergbaai in die Crags-gebied, en as jy ’n plaas het, moet jy boer. “Nadat ek die suurgehalte van die grond, wat deur die bloekomsplinters veroorsaak is, herstel het, wil ek volgende seisoen raaigras en daarna mielies plant.”

Maar om van die harde, taai bloekomstompe splinters te maak, was ‘n spesiale taak wat spesiale toerusting en veral ‘n spesiale trekker geverg het.

Na deeglike navorsing het die vingers en papiere na die Valtra T171, wat in Finland vervaardig en in Suid-Afrika deur Valtrac versprei en gerugsteun word, gewys.

Vandag boesem Valtra-trekkers, wat van die legendariese Volvo afstam, regoor die wêreld en in al die boerderyvertakkinge vertroue in. Die naam, Valtra, het sinoniem met bosbou in die Noorse lande geword met trekkers wat spesiaal vir bosbou vervaardig word.

Die onderstel is ontwerp om te verhoed dat skadelike takke en stompe onderaan die trekker vashaak – die vierwielaandrywing se as en die 165 liter brandstoftenk is binne-in die raam gebou.

Marcus se T171 is ‘n “TwinTrac”- trekker, wat beteken dat sy sitplek kan omdraai en dat die trekker ewe goed vorentoe en agtertoe kan werk. Marcus het sy trekker vanaf die fabriek bestel met bosboubande en ’n ekstra bosbeskermingsplaat onder die pens. Omdat hy self die trekker bestuur, het hy ook sy trekker met die gemaklike lugbeheerde sitplek bestel.

“Ons moet eerstens elke stomp sorgvuldig met ’n stompboorder wegboor en dan klim ek met die vermolmer (mulcher) in om enige groterige materiaal weg te vreet om as deklaag benut te word,” sê hy. Hierdie taak handel Valtra se swaardienskragaftakker 1 000 EHD (1 000 opm) soos kinderspeletjies af. Die kragaftakker se breër ratte in die ratkas en koppelaarplaat met ’n deursnit van 162 mm absorbeer die ekstra lading lag-lag.

Hy gebruik ook die ekstra dik 45 mm aftakas om die wringkrag te hanteer. Die T-reeks is in Suid-Afrika beskikbaar in vier modelle vanaf 117 tot 160 kW.

Al Suid-Afrika se Valtra-trekkers is met ’n ‘control stop’-funksie toegerus, wat soos ’n oppassende operateur die enjin en ratkas se olietemperatuur dophou en die trekker afskakel indien die temperatuur te hoog word. So word enige moontlike skade voorkom. Dean da Costa is die tegniese bestuurder vir bosbou by Mondi in die noorde van KwaZulu-Natal en hy is in beheer van nuwe aanplantings. Hy sê: “Nampo en die raad van verskeie landbouingenieurs het my oortuig om twee van die T191’s met boskajuite te bestel. Ek was so beïndruk dat ek onlangs ook twee T193’s aangeskaf het. Boonop kon ek die trekkers van die fabriek af in die oranje kleure van ons maatskappy bestel.”

Elkeen van hierdie trekkers is saam met sy swaardiens bosvreter verantwoordelik om ongeveer 450 hektaar se klipharde bloekomstompe te laat verdwyn, wat in ’n jaar tussen 650 en 800 werksure beteken.

In ’n plantasie moet elke trekding natuurlik voltyds gereed en sterk genoeg wees wees om in ’n noodgeval ’’n watertenk na ‘n brand te sleep en die Valtra-trekkers doen dit ook gemaklik teen die steilste heuwels uit.

Vir meer inligting, skakel vir Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-8006 of stuur vir hom ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Valtrac se Facebookbladsy het ook baie nuttige inligting.