Articles

Valtrac se Pecus kerf kuilvoer dat dit klap

Welkome reën in dele van die land stel boere in staat om planne te maak om hulle diere deur die komende winter te voed. Een van daardie planne is kuilvoer, wat in elk geval ‘n al hoe belangriker rol in dierevoeding speel, maar daarvoor het die boer die regte toerusting nodig.

’n Suksesvolle boer koop nie blindelings die duurste toerusting waarop hy sy hande kan lê nie. Baie dinkwerk word gedoen voordat daar groot geld bestee moet word en dikwels is die nommerpas werktuig verkieslik bo die grootste, duurste een. Soms is dit wyser om ‘n paar kleiner werktuie aan te skaf as een grote wat op net een plek op ‘n slag kan werk en wat alles laat staan as hy dalk loop staan. Die keuse van werktuie is dus van uiterste belang, want as ’n boer groot geld aan toerusting bestee, moet dit doeltreffend werk of daar word vinnig agteruitgeboer. Arno Cronjé, hoofplaasbestuurder van die Rhys Evans-groep buite Viljoenskroon in die goeie ou Vrystaat, verstaan hierdie beginsel, want uiteindelik is dit net nog ’n ingewikkelde boerderysom met baie veranderlikes wat gemaak moet word.

Die antwoord

Arno se som het ses jaar gelede al ’n antwoord gekry toe hy moes besluit hoe om kuilvoer vinnig, maklik en goedkoop van die lande af te kry. Valtrac het toe vir Arno die Nogueira Pecus II 9004-enkelrykuilvoerkerwer voorgestel. So logies is die Pecus se ontwerp en so betroubaar sy werking, dat Arno dadelik twee gekoop het. Twee jaar later het hy nog een gekoop en die volgende jaar sy vierde een. “Die Pecus-kerwers se prys is baie redelik en hulle is relatief goedkoop en maklik om te onderhou,” sê Arno. “Die kerwers is betroubaar en doeltreffend. Jy kom gou agter waarna om te kyk as die kerwers gediens moet word. Die masjien is maklik om te verstaan en met stipte onderhoud is dit ’n masjien wat baie lank hou. Sy leeftyd is heelwat langer as die vyf jaar depresiasietydperk en die slytonderdele is baie
basies en maklik bekombaar.” Die Pecus-kerwer sny Arno se kuilvoer op 16 mm, maar dit is baie maklik om verstellings te maak deur een van vier ratte fisies uit te haal en met ’n ander een te ruil. “’n Trekker van 65 kW trek die Pecus maklik, maar ons sit gewoonlik ’n 80 kW Valtra-trekker voor om die wa saam te sleep,” sê Arno. “Ons plant tussen 100 en120 ha kuilvoer per jaar en wen tot 30 ton voersorghum- kuilvoer per hektaar. ’n Enkelrykerwer sny tussen drie en vier hektaar per dag, wat ongeveer 100 ton per dag lewer. Met twee eenhede voltyds in die land, kan ek maklik by my 120 ha vir die seisoen uitkom,” sê hy. Boere wat net so 30 tot 40 hektaar kuilvoer wil kerf vind dat dit onekonomies en onlonend is om groter kuilvoerkerwers aan te skaf, maar hierdie kerwer is ‘n ekonomiese opsie vir kleiner aanplantings. ‘n Belangrike verdere bonus vir die boer is die feit dat die Pecus deur Valtrac, wat bekend is vir legendariese diens, verskaf en gerugsteun word. 

“Dit is baie gerieflik om met Valtrac  sake te doen, want ons kan ons ou kerwers maklik inruil vir nuwes. Die prys vergelyk mooi met die onderhoudskoste,” sê hy. Valtrac in Parys loop al ’n lang pad saam met die Rhys Evans-groep. Hulle verstaan die verantwoordelike besluite wat boere moet neem en maak seker dat hulle die boer se behoefte deeglik verstaan voordat hulle aanbevelings oor werktuie maak. Nog goeie nuus vir boere is dat Valtrac nou ook splinternuwe Noguiera Pecus-tweerykuilvoerkerwers in voorraad het. Hulle kan twee rye met ’n rywydte van 730 tot 950 mm sny. Daar is ook enkelrymodelle beskikbaar.

Kontak vir Attie de Villiers by 083-261-9863, 056-817-8006 of stuur e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.