Articles

Platsny: Wen alkante toe met Honeybee en Valtra

’n Valtra TwinTrac-trekker werk ewe goed vorentoe en agtertoe. Sy luggeveerde sitplek swaai bloot om en daar gaan jy. Hier pak die Honey Bee-platsnyer sy windry in die middel af, maar as daar te veel materiaal is om losweg onder die trekker se pens deur te beweeg, kan jy hom vanuit die trekkerkajuit verstel om aan die linker- of regterkant uit te pak.

Tydens ’n hewige windstorm vang die verkeerspolisie ’n boer wat teen 160 kmu met sy stroper deur Caledon se hoofstraat jaag. Sy verweer? “Ek het hierdie koring geplant en ek gaan dit stroop selfs al moet ek dit tot anderkant
Bredasdorp teen die see jaag.” Dit is die werklikheid van die Overberg: Die wind waai so kwaai dat dit, sodra die koring begin ryp word, die korrels uit die are waai en daar sit die boer, na al sy insetkoste en harde werk, met geen graan om te stroop nie. Maar ’n boer maak ’n plan: Die Overbergse boere sny die koring plat net voordat dit ryp word omdat die wind nie korrels uit are wat mooi stil op die grond lê kan waai nie. Sodra die koring dan mooi droog is, stoot die boer sy stroper met ’n optelsnoet in die windrye in en dan kan hy suksesvol stroop sonder om Caledon se verkeerskonstabels op hol te jaag. Ook gars en hawer moet platgesny word voordat dit gestroop word. Kanola het, benewens pitte wat uit die peule spring wanneer dit ryp word en deur die wind rondgewaai word, ’n
ander rede om platgesny te word: In die golwende Overberg word die kanola teen die warm noorderhange gouer
ryp as teen die koeler suiderhange. As die boer nou die hele oes platsny wanneer die eerste dele volwasse, maar
nog nie ryp is nie, kan hy tot veertien dae gouer oes en ’n eenvormige oes lewer.

Dat platsny noodsaaklik is, is ’n uitgemaakte saak. Die vraag is: Waarmee kan die boer sy oes platsny? Daar is goeie selfl oopplatsnyers wat baie goed werk, maar die grootste deel van die jaar, wanneer daar nie platsnywerk te doen is nie, ledig in die skuur staan en paaiemente vreet. Daarom kies die boer wat nie ledigheid op sy plaas duld nie eerder die skitterende platsny-opsie wat die Valtrac-agent op Riviersonderend, Human Landboudienste, bied: ’n voortreflike Valtra TwinTrac-trekker met ’n ewe uitmuntende Honey Bee-platsnytafel.

Dit bemagtig die boer om flink vinnig en doeltreffend plat te sny en windrye te pak binne die kort venstertydperk
wat gewasse hom toelaat, maar dan het hy die res van die jaar ’n bruikbare, gevorderde trekker wat allerlei take op die plaas kan verrig en nooit ledig staan en geld kos soos ’n selfl operplatsnyer nie. ’n Sinvoller belegging en beter waarde vir geld kry jy nie.

Die platsnytafel

Die Honey Bee-platsnytafel is spesiaal ontwerp om besteding aan masjinerie te verminder en produktiwiteit te  vermeerder. Die gevorderde tafel is van voor tot agter ’n toonbeeld van bruikbare ingenieursvernuf met sy hidroulies- aangedrewe tol en SCH Easy Cut-sekellemme met hulle doeltreffende snit en materiaalvloei, minder slytasie en vibrasie en ongelooflike duursaamheid. Die gesnyde materiaal val mooi netjies op die versterkte poliëstervervoerband, wat dit sagkens na die uitlaai-opening vervoer om in ’n netjiese, egalige windry gepak te word – gereed vir die stroper se opteller. Die Honey Bee se vervoerbandspoed, tolspoed, platsnytafelhoek en aflaaiplek (in die middel, links of regs) word alles maklik en gladweg vanuit die trekkerkajuit beheer. Dieselfde tafel kan met ’n passtuk voor aan ’n stroper gemonteer word vir regstreekse stroopwerk in gebiede waar platsny nie nodig is nie. Die Honey Bee is in wydtes van 6,4 meter, 7,6 meter, 9,1 meter en 10,9 meter beskikbaar.

Die trekker

Die Honey Bee word maklik en vinnig aan ’n Valtra TwinTrac-trekker gemonteer of verwyder wanneer die trekker vir ander take nodig is. TwinTrac beteken dat dié trekkermodel spesiaal ontwerp is om ewe Platsny: Wen alkante toe met Honeybee en Valtra ’n Valtra TwinTrac-trekker werk ewe goed vorentoe en agtertoe. Sy luggeveerde sitplek swaai bloot om en daar gaan jy. Hier pak die Honey Bee-platsnyer sy windry in die middel af, maar as daar te veel materiaal is om losweg onder die trekker se pens deur te beweeg, kan jy hom vanuit die trekkerkajuit verstel om aan die linker- of regterkant uit te pak.

Meganisasie

Die Honey Bee-platsnytafel kan vanuit die trekkerkajuit verstel word om sy netjiese windry links, regs of in die middel af te laai. Hier pak hy die windry aan die linkerkant. Kyk hoe netjies lê die are almal met hulle koppe na dieselfde kant gereed vir die stroper se opteller. Wanneer daar platgesny moet word, is daar geen tyd om te vermors nie. Wanneer die Honey Bee tussen verskillende lande moet beweeg, ontkoppel die boer hom woerts-warts en sleep hom met sy aanboordwielstel teen die Valtra-trekker se padspoed van 40 kmu na die nuwe land goed vorentoe en agtertoe kan werk vir toepassings soos platsny, kuilvoersny en bonestroop. Dié trekkermodel se luggeveerde sitplek draai net om en daar is ’n volledige stel kontroles agter sodat die trekker se werkrigting omgeswaai word sonder die geringste verlies aan beheer. ’n Valtra-trekker se ratkas en kroon- en kleinrat (crown wheel and pinion) en hulle laers is spesiaal ontwerp om krag in trurat te lewer. Gewone trekkerratkaste is nie ontwerp om permanent in trurat te werk nie, daarom is Valtra se TwinTrac uniek.

Hans-Jurie-hulle demonstreer die Honey Bee WS30 wat 9,1 meter (30 voet) wyd sny met ’n Valtra T191 van
139 kW, maar ’n T171 van 135 kW sal ewe gemaklik met hom deur ’n land draf. As Valtrac-agente vir die streek bemark Human Landboudienste Valtrac se volledige reeds voortrefl ike werktuie aan boere, waaronder ook Valtratrekkers en Honey Bee-platsnytafels. Hulle bemark Valtra-trekkers met volle vertroue, want as kontrakteurs vir
kunsmis- kalk- en fl oddertoediening gebruik hulle self al agt jaar Valtratrekkers en volgens Hans-Jurie Human
is dit ’n trekker in ’n klas van sy eie. ’n Kontrakteur se trekkers moet gewoonlik heelwat harder werk as ’n boer se
trekkers, daarom is die betroubare, werklustige Valtra vir hulle die antwoord. Human Landboudienste het hulle
eie onderdelemagasyn en opgeleide  werktuigkundige wat verseker dat alle Valtrac-produkte in hulle streek
voltyds volstoom werk, en die rugsteun en kundigheid wat Valtrac geniet, gee hulle die gemoedsrus dat al hulle
kliënte altyd tevrede kliënte sal bly.  Valtrac is immer landwyd bekend vir sy legendariese diens. Vir meer inligting oor die Honey Bee-platsnyertafel en Valtrac se eersteklas Valtra-trekkers, praat met Hans-Jurie Human van Human Landboudienste by 083-557-1386 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . As jy op ’n ander plek as die Wes-Kaap boer, skakel Valtrac by 056-817-7338. Besoek ook Valtrac se webwerf by www.valtrac.co.za vir meer inligting oor Valtrac se
puik produkreeks.