Articles

Kom kyk by NAMPO: Valtrac maak die boer nog sterker

’n Goeie voorraad voer vir sy vee is vir die boer goud werd. Dit het die afgelope en voortslepende droogte weer deeglik bewys. Valtrac bied die boer al die werktuie wat hy nodig het om die beste voer vir sy diere op te dis – van trekkers, planters, mis-, kunsmis- en floddertoedieners, spuite, kuilvoerkerwers, -waens en -uithalers, snyers, harke, belugters en balers.

Lees meer:Kom kyk by NAMPO: Valtrac maak die boer nog sterker

Valtrac se Parruda Stronger bereik groot hoogtes

Verlede jaar was j-jaar vir die bekende Franse Kuhn-groep wat wêreldgehalte landbouwerktuie vervaardig en reeds ’n stewige voetspoor in Suid-Afrika het. Hulle het Montana Indústria de Máquinas, wat uitstekende spuittoerusting op Brasiliaanse bodem vervaardig, oorgekoop. Met hierdie transaksie het Kuhn hulle reeds wêreldklasgehalte spuitreeks verder uitgebrei.

Lees meer:Valtrac se Parruda Stronger bereik groot hoogtes

Pasgemaakte trekkers ideaal vir boere.

Valtra se reeks trekkers is ideaal vir Suid- Afrikaanse toestande. Omdat geen twee plase dieselfde is nie, bied die maatskappy pasgemaakte opsies aan boere. Valtra-enjins is bekend vir hul hoë kraglewering, betroubaarheid en verminderde brandstofverbruik.

Lees meer:Pasgemaakte trekkers ideaal vir boere

Valtrac se swaardiens-strydrosse knaag ‘n woud weg

Amper reg is nie goed genoeg om die meganisasiebehoeftes van vandag se boer te bevredig nie. Boerdery raak al hoe meer uitdagend en gespesialiseerd, en daarom moet die boer tegnologie hê wat presies opgewasse is vir die taak wat dit moet verrig. Valtra-trekkers bied daardie nommerpas tegnologie.

Lees meer: Valtrac se swaardiens-strydrosse knaag ‘n woud weg

Colombo Winning Favour with Peanut Growers

excerpt from Growing Georgia - The Business of Agriculture   Tuesday, May 28th, 2013

For years, KMC and Amadas have led the industry in peanut combines, but another company is starting to make headway in the market. And the reason is simple – the machine is simple.

Valtrac se Pecus kerf kuilvoer dat dit klap

Welkome reën in dele van die land stel boere in staat om planne te maak om hulle diere deur die komende winter te voed. Een van daardie planne is kuilvoer, wat in elk geval ‘n al hoe belangriker rol in dierevoeding speel, maar daarvoor het die boer die regte toerusting nodig.

Lees meer:Valtrac se Pecus kerf kuilvoer dat dit klap

Minimumbewerking: AST/Matic skep ‘n perfekte saadbed

’n Uitblinker-werktuig in Valtrac se stal het minimumbewerkingboere sowel as konvensionele boere regoor die land gaande. ProAgri het by boere in Natal, die Oos-Vrystaat en Noord-Vrystaat gaan hoor hoe die werktuig berge op hulle plase versit.

Lees meer: Minimumbewerking: AST/Matic skep ‘n perfekte saadbed

Terradisc Multiline: Plant gouer, goedkoper en beter

Duur diesel word verbrand elke keer as die boer met sy trekker in sy land beweeg. Boonop trap elke beweging die grond vas, wat vogindringing en wortelverspreiding kortwiek en nog meer bewerkings noodsaak.

Lees meer: Terradisc Multiline: Plant gouer, goedkoper en beter

Gee jou gesaaides ‘n voorsprong

“Dis die beste werktuig wat ons nog gekoop het,” sê Gideon Human, plaasbestuurder van Wessel Campher se uitgebreide saaiboerdery in Natal en die Oos-Vrystaat. Gideon praat van die Terradisc 3001 van Pöttinger wat hoofsaaklik vir stoppelbewerking na oestyd (en die beeste deur die lande is) gebruik word.

Lees meer: Gee jou gesaaides ‘n voorsprong

Platsny: Wen alkante toe met Honeybee en Valtra

’n Valtra TwinTrac-trekker werk ewe goed vorentoe en agtertoe. Sy luggeveerde sitplek swaai bloot om en daar gaan jy. Hier pak die Honey Bee-platsnyer sy windry in die middel af, maar as daar te veel materiaal is om losweg onder die trekker se pens deur te beweeg, kan jy hom vanuit die trekkerkajuit verstel om aan die linker- of regterkant uit te pak.

Lees meer: Platsny: Wen alkante toe met Honeybee en Valtra

Subcategories