Kuhn Stronger HD (Pro-agri)

Die belangrikste twee vereistes waaraan ’n plaaswerktuig moet voldoen, is:
• Dit moet doeltreffend kan werk en aanhou werk.
• Dit moet rotsvas gerugsteun word deur ’n betroubare, kundige verskaffer wat die werktuig aan die werk hou sodat die boer kan boer. Kuhn se Stronger 4000-spuit is so ’n werktuig en die verskaffers daarvan, Valtrac, is so ’n verskaffer met legendariese dienslewering. Daarvan getuig James Tolmay van Vereeniging, wat onlangs ’n wyse belegging in ’n Kuhn Stronger 4000-spuit van Valtrac gemaak het.